SERMONS
21 Junie 2020 – ‘n Pa se mandaat – Dr Ben Vorster
Jos 24:15
Of, as julle dit nie goed vind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
1. Jy is verantwoordelik om ‘n sterk gesinsidentitteit te kweek.
2. JY moet volgehoue liefde vir jou vrou demonstreer.
3. Jy moet jou kinders se private wêreld verstaan en respekteer.
4. Jy moet vir jou kinders die Vryheid gee om te misluk.
5. Jy moet jou kinders aanmoedig.
6. Jy moet ‘n wag voor jou mond sit en waak oor jou stemtoon.
7. Jy moet gereeld drukkies en soene gee vir almal in die huis.
8. Jou kinders moet altyd seker wees van jou liefde as pa vir hulle.
9. Jy moet onwrikbare vertroue in God se woord by jou kinders bou.
07 Junie 2020 – Neem net jou posisie in! – Dr Ben Vorster
2 Kron 20:1-30
Ten spyte van vrees moet ons met geloofsoë na God kyk.
Die geloofsles wat ons het vir wat oor is van 2020 is om posisie voor God in te neem en te kyk na die oorwinning wat God vir ons gaan behaal.
31 Mei 2020 – Dag Van Gebed – Past Henk Burger
Efesiërs 6:12
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke
mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie
sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
24 Mei 2020 – God se tyd is nie jou tyd nie – Past Henk Burger
Prediker 3:11
God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie
– God het ‘n bepaalde tyd vir alles
– As ons ongeduldig raak verloor ons ons geloof
-Soek jy God se wil in jou lewe?
17 Mei 2020 – Om jou hele lewe in God se hande te sit – Past Henk Burger
Dieselfde God wat in die goeie tye by jou is, is in die slegte tye ook by jou. Vertrou Hom net al verstaan jy nie.
God se plan vir jou verskil dalk van jou plan. Vertrou Hom, want Hy ken die toekoms en weet wat die regte plan vir jou is.
10 Mei 2020 – Moedersdag Boodskap – Past Henk Burger
Lukas 8:18
“Luister na dit wat julle oor God hoor, en gaan doen dit.
Hoe meer julle doen wat God sê, hoe meer sal sy ongelooflike
goedheid in julle lewens instroom.
Waaroor Bekommer Jy Jou ? (Deel 2) – Past Henk Burger
As jy in bekommernis en angs lewe, lewe jy ‘n lewe waarin jy klaar oorwin is.
As jy bietjie verstellings doen in jou lewe sal die stres minder wees.
26 April 2020 – Waaroor bekommer jy jou – Past Henk Burger
Matt 6:25-30
As jy nie geloof het nie gaan jy bekommerd wees.
Meer bekommernis is minder geloof, maar meer geloof is minder bekommernis.
Is Jy Bereid Om Soos Klei In Die Pottebakker Se Hande Te Wees – Dr Ben Vorster
Dit is nie altyd lekker as God besig is om jou karakter to vorm nie, maar hy doen dit tot eer van Sy naam. As jy die kroon van God se skepping is, hoe kan jy ‘n mislukking wees.
Die Drie Wonderlikste Woorde In Die Heelal – Past Henk Burger (Preek 12 April 2020).mp3
Die koninkryk van God het gekom as Hy heers in jou hart en in jou lewe.
EVENTS & NEWS
No Results Found
The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.